Geloofsvorming is ’n uitnodiging tot ’n lewenslange reis van innerlike groei, karaktertransformasie en diep vernuwing in Christus.
Dis vir dié wat hunker na méér… meer van Jesus, meer van ware vryheid, en meer van ’n geloof wat eg en eerstehands geleef word. Ons help mense herontdek wie Jesus regtig is, wat sy evangelie van die koninkryk beteken, en hoe dit ons daaglikse lewe, verhoudings en gemeenskap radikaal kan transformeer.
Geloofsvorming is nie ’n program nie… dis ’n reis. Een wat jou vorm en omvorm, van binne af, saam met ander, en saam met Hom.
Geloofsvorming gebeur nie net in die kop nie, dit sink in wanneer ons kans gee vir stilte, refleksie en Sy teenwoordigheid. Ons bied gereelde Zoom en in-persoon Retraites aan, unieke ruimtes waar jy tyd kry om in te skakel by Jesus, by jouself en by wat regtig saak maak.
Hier leer jy nie net meer van Hom nie, jy ervaar Hom. Die lering, gesprekke en persoonlike nadenke help jou groei op ’n manier wat eg, rustig en transformerend is.
Dis ’n uitnodiging om stadiger te beweeg… sodat jy dieper kan gaan.
Die Geloofsreis vir kerkleiers is ’n geleentheid om tot rus te kom, te herontdek en dieper in te beweeg in dissipelskap.
Hierdie driejaar-reis bestaan uit vierdaagse retraites wat jou begelei in karaktergroei, selfkennis en die egte navolging van Jesus, binne ’n veilige en eerlike gemeenskap.
Hier is ruimte om broos te wees… en om saam met ander te leer hoe om vanuit jou eie geloofsvorming ’n verskil in die wêreld te maak. Want dit gaan oor Hom… en oor hoe ons Hom leef.
Greyton-retraites bied jou iets uniek… ’n ruimte waar jy werklik kan stilraak en weer koppel met God, jouself en wat regtig saak maak.
Hier word jy nie net toegespreek nie, jy word uitgenooi tot ervarings wat jou help om te hoor, te voel en te verander. In ’n rustige ritme, sonder haas, word jy begelei op ’n pad van innerlike herstel, verdieping en geloofsgroei.
Dis ’n heilige pouse waarin jy weer leer leef… van binne af.
“Die Geloofsreis het my bevry. Ek het ontdek dat God my wíl gebruik, net soos ek is. Hierdie reis het my gehelp om emosionele seer te hanteer, my masker af te haal en werklik vry te leef as dissipel van Jesus.”
“Ons geloofsreis saam het ’n wesenlike verskil gemaak. Voorheen was ons geloofslewe warm en af-en-aan, maar deur die proses het ons geleer hoe om werklik daagliks saam met Jesus te leef. Die pad het ons help groei in geloof, selfkennis en verhouding, en het ’n merkbare verskil in ons alledaagse lewe gemaak.”
“Ek was ’n moeë, ontnugterde predikant wat honger was vir ’n meer egte spiritualiteit. Die geloofsreis was ’n geskenk waardeur ek tot ’n nuwe ontdekking van Jesus, myself en my roeping gekom het.”





Teken in om gereeld inspirasie, geloofsgedagtes en nuus oor retraites, geleenthede en inhoud van Geloofsvorming te ontvang.
🔒Ons respekteer jou privaatheid, wat beteken dat ons jou inligting nooit aan enigiemand sal verkoop nie.