blog-12.jpg

Oordenking (26/08/2019)

Week 26 Augustus - 1 September 2019 - Luk 14:1, 7-11

God sluit almal in, veral die armes, die uitgestotenes, die eensames…Dit is hoe die koninkryk kom. In ons en deur ons.

1 Op 'n sabbatdag toe Jesus na die huis van 'n vooraanstaande Fariseër toe gegaan het om daar te eet, het hulle Hom fyn dopgehou. 7 Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy aan die genooides die volgende gelykenis: 8 “As iemand jou na 'n bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat belangriker is as jy. 9 Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou toe kom en sê: ‘Gee bietjie die plek af vir hierdie man.’ Jy sal dan tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem. 10 Maar as jy uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer kom, sal hy vir jou kan sê: ‘Vriend, kom sit hier voor.’ Dan sal jy in die agting van al die gaste styg. 11 Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.”

Lukas vertel aan ons in sy evangelie hoe die koninkryk deur oa maaltye saam met ander kom. Jesus merk op dat sommige die gewoonte gehad het om op die voorste plekke te gaan sit. (Luk 14:8). Die koninkryk kom egter nie so nie. Die gesindheid: ek-is-beter-as-ander, verhinder die koms van die koninkryk, binne die kerk en daarbuite.

God sluit almal in, veral die armes, die uitgestotenes, die eensames…Dit is hoe die koninkryk kom. In ons en deur ons.

NOTA! Hierdie webwerf gebruik koekies en soortgelyke tegnologie.

Hiermee gee jy daartoe toestemming. Ons onderskryf alle wetgewing rakende die beskerming van Private Inligting. Learn more

I understand