blog-10.jpg

Oordenking (12/08/2019)

Week 12 Augustus - 18 Augustus 2019 - Heb 12:1-2

Die geheim van die reis, van elke dag se reis, is om ons oë op Jesus te hou - die Begin en Voleinder van die geloof.

1 Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2 die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

Die Christelike geloof is ‘n reis, ‘n wedloop…Ons moet alles afgooi wat ons verhinder om voluit te hardloop.

  • Angstigheid oor allerlei dinge
  • Bekommernisse.
  • Ambisies vir ons eie koninkryk
  • Onvergewingsgesindheid
  • Hebsug
  • Selfsugtige begeertes
  • Slegte gewoontes
  • Gebrek aan dissipline
  • Ens

Wat moet jy afgooi?

Dit is ‘n lang reis…So geduld en volharding is wesenlik. Daar is nie kitsroem en kitsoplossings nie… nie kortpaaie nie.

Die geheim van die reis, van elke dag se reis, is om ons oë op Jesus te hou - die Begin en Voleinder van die geloof.

NOTA! Hierdie webwerf gebruik koekies en soortgelyke tegnologie.

Hiermee gee jy daartoe toestemming. Ons onderskryf alle wetgewing rakende die beskerming van Private Inligting. Learn more

I understand