blog-07.jpg

Oordenking (22/07/2019)

Week 22 Julie - 28 Julie 2019 - Luk 12:13-21

In die gelykenis wat Jesus vertel is die probleem van die ryk man nie noodwendig sy rykdom nie. Die probleem gaan oor wat die rykdom met hom gedoen het…

13 Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” 14 Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” 15 Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.” 16 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra. 17 Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. 18 Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. 19 Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ 20 Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ 21 So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.”

In die gelykenis wat Jesus vertel is die probleem van die ryk man nie noodwendig sy rykdom nie. Die probleem gaan oor wat die rykdom met hom gedoen het…

In die 3 kort verse kom die word “ek” 3 keer voor en “my” 4 keer. Die ryk man se lewe draai om homself. Nerens verskyn God in sy prentjie nie, ook nie sy medemens nie. Selfsug beroof die lewe van sy noodsaaklike suurstof. Dit versmoor. Dit maak ons gevangenes.Ons word verbruikers. Ons verloor ons menswees.

God oordeel oor so ‘n lewe: Jou dwaas…Daarom ook die dringende waarskuwing:

  • “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.” (Luk 12:15)

Jesus nooi ons om ons koninkryk te laat gaan… om te leef in die koninkryk van God. Wat ‘n vryheid!

NOTA! Hierdie webwerf gebruik koekies en soortgelyke tegnologie.

Hiermee gee jy daartoe toestemming. Ons onderskryf alle wetgewing rakende die beskerming van Private Inligting. Learn more

I understand